Klubhuis | Pop-up-spietkops help my om hier te bly

EK IS 'N SPIETKOP, EK HET MY KEPS OP

Klubhuis | Pop-up-spietkops help my om hier te bly

COEN BESTER besing die innoverende geen van Suid-Afrikaners wat inspring en 'n plan maak.

  • 25 November 2022
  • Klubhuis
  • 7 min om te lees
  • artikel 25 van 31
  • Coen Bester

HIER waar ek in Pretoria woon, val dinge steeds stelselmatig uitmekaar. Soos die meeste Suid-Afrikaners aanvaar ek dit met ’n gelatenheid wat my somtyds irriteer en teleurstel. Dis ’n vorm van ontkenning – ’n tipe oorlewingsmeganisme. Ons familie het lankal besef dat ons hier te diep wortels ingeslaan het om oorgeplant te kan word. Die wisselkoers se voortdurende afdraande het in elk geval nou die immigrasie-opsie behoorlik van die tafel afgevee. Verder is ons net te verknog aan mekaar om die pynlike gedagte van afstandskeiding te oorweeg.

Dus het ek die amper onbeheerbare drang om gereeld iets raak te sien of te beleef wat die stem van twyfel en depressie oor ons toekoms hier kan teenwerk. ’n Soort teengif. Iets wat ek oor braaivleis kan deel as ons almal in die lekker ou gewoonte verval om die een grusame Suid-Afrikaanse belewenis ná die ander met vertrouelinge wat op dieselfde bladsy is te deel (as die kinders nie naby is nie).

Voorbeelde van hoop..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.