Klubhuis | Hoekom manlike voornaamwoorde?

HY/SY/HULLE

Klubhuis | Hoekom manlike voornaamwoorde?

AMELIA BURGER vra vir genderneutrale voornaamwoorde.

TOE ek vanoggend [2 November 2022] julle 5 Goed Wat Jy Vandag Wil Weet lees, asook Deborah Steinmair se stuk oor idiome (https://www.vryeweekblad.com/bulletins/2022-11-02-van-waar-het-jy-die-klippies-gaan-haal-gehasi/), het ek besluit om ’n saadjie by julle te plant. Afrikaans het mos die onsydige hy – alles het grammatikaal manlike voornaamwoorde, hoewel mense soms, nes in Engels, skepe en karre (en deesdae ook Afrikaans en God) sal sy en haar. Ons lidwoorde (’n en die) is gelukkig neutraal, anders as omtrent elke Europese taal.

Nou ja, taal ontwikkel en ek het meer as ’n dekade gelede besluit al die manlike voornaamwoorde in Afrikaans is sommer bog – hulle moenie vroulik word nie, want dit sal ewe belaglik wees, maar met ’n klein bietjie moeite kan ons veel meer genderneutraal skryf en dit kan so natuurlik klink dat niemand iets sal agterkom nie. Ek het dit al met werk vir Media24, die Afrikaanse Taalraad, die DAK-Netwerk en die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans gedoen en niemand het nog ooit ’n piep van ontsteltenis laat hoor nie.  

Ek het al met ’n paar taalwerkers hieroor gesels en die meeste van hulle beleef die onsydige hy inderdaad as onsydig en dink ek krap waar dit nie jeuk nie. Maar kyk byvoorbeeld hierdie artikel (https://www.psychologytoday.com/us/blog/culture-conscious/201209/masculine-or-feminine-and-why-it-matters) oor waarom voorwerpe se genderbeskrywing wel ’n verskil maak. Uittreksel: “The word ‘bridge’ is feminine in German and masculine in Spanish. Sure enough, German speakers described bridges as beautiful, elegant, fragile, pretty, and slender, while Spanish speakers said they were big, dangerous, strong, sturdy, and towering.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.