Klubhuis | Woordfeesgedagtes

SIELSKOS IN STELLENBOSCH

Klubhuis | Woordfeesgedagtes

LOUIS EKSTEEN beleef ’n fees van woorde met ’n Kaapse draai.

  • 21 Oktober 2022
  • Klubhuis
  • 3 min om te lees
  • artikel 25 van 32
  • Louis Eksteen

EK is bly om in Stellies te mag wees. Of eerder, Stellenbosch vir die oues van gees. En, natuurlik, vir my uit my jeugjare altyd Skelmbos. Dit is Woordfeestyd en die vlae wapper land en sand. Oor en weer, van Dorpstraat tot kleinlikheid. En almal praat Engels.

Eintlik is ek hier vir sake. En sauvignon, want my eerste stop is by Theo Vorster se insiggewende, wynbenoemde beleggingspraatjie, of diskoers in Woordfeestaal. ’n Mens kan nie die toekoms voorspel nie, oorloë maak markte mak en los maar eerder die dinkwerk vir die diskoersers.

Wat my veral opval, is besigheid. Almal is vreeslik haastig en aan die gang. Dit blyk om te woordfees is om gedurig driftig van een geklassifiseerde vertoning, opvoering, gesprek, uitstalling, koffiestalletjie, haute-cuisine-hamburger-straatkafee na die ander instelling te wik en weeg...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.