Klubhuis | ’n Budjie met ’n pluiskeil vir Antjie

EK IS, JY IS

Klubhuis | ’n Budjie met ’n pluiskeil vir Antjie

Antjie Krog het by die Tuin van Digters – grasieus en respekvol – bontgestaan vir foto's saam met lesers, skryf LORAINE STANDER.

  • 28 Oktober 2022
  • Klubhuis
  • 2 min om te lees
  • artikel 23 van 29
  • Loraine Stander

ALMAL wat my ken, weet ek is ’n moerse Antjie Krog-fan. Selfs  Antjie weet dit. Ek kan nou nie uit haar oeuvre aanhaal soos baie ander mense nie, maar wat sy skryf, maak vir my sin. Behalwe die god-gedigte. Ek staan vir niks. Ek wens ek kon my geloof behou het soos sy, maar helaas ... Nietemin, ek sou die naweek van die Tuin van Digters in Wellington begin Oktober vir niks mis nie, juis omdat dit Antjie se huldiging was.

Ek en my geliefde beplan om vooraf te eet, so min as moontlik iets te drink en soveel as moontlik van hierdie naweek te geniet. Ons het selfs padkos ingepak vir Saterdag, want ai, die keuses is beperk, ongesond en kakduur! En wat 'n mooi huldiging het die Mengelmoes Digters en Frieda van den Heever nie gedoen aan haar nie. Om nie eens te praat van die verruklike woorde en musiek van Catherine du Toit en José Dias nie. Dit het gevoel asof ek swymel aan die klanke van woord- en musiekmeesters.

Vir daardie aantal ure was ek weg voor. Maar ek moet sê, ek het vir Antjie jammer gekry. Sy was so onbeskermd in die kollig vir iemand wat so privaat lewe. Ek dink nie daar is genoeg wyn in die wêreld om mens voor te berei op hierdie tipe lit-crush wat almal op haar het nie. Sy het natuurlik grasieus en respekvol aan elkeen hul tyd gegun om te sê hoe hulle voel en ’n selfie te neem. Ek veronderstel, sê  my geliefde, dis erger as niemand opdaag nie en niemand ’n fok omgee nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.