DIS moeilik om te besluit watter skok die grootste was – die nuus van Christine McVie se dood op die ouderdom van 79, of die besef dat dit ook die laaste spyker in die doodskis van Fleetwood Mac sal wees. Die blondekop met die onvergeetlik mooi blou oë is een van die raaiselagtigste figure in moderne musiek.
Die ene wat altyd agter die klavier gesit het links op die verhoog, wat nie soos ’n skoenlapper oor die verhoog en in ander se lewens gefladder het nie. Die een wat beter kon sing as die ander.
’n Mens het maar altyd na Fleetwood Mac geluister met ’n gevoel dat dit ’n groepspoging was, met net Lindsay Buckingham wat die groep se musikale identiteit bepaal het. Maar dit was net die halwe waarheid. Die groep was hedoniste van formaat, en in sulke omstandighede is dit gewoonlik die persoon wat die naaste aan nugter was wat die ander in die kraal kon hou. Daardie figuur was Christine McVie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.