So ry die Boere sit-sit so in wit karre

PADKRIEKET EN WIT KARRE

So ry die Boere sit-sit so in wit karre

Ná 'n lang verblyf in die buiteland laat al ons wit karre DOUW STEYN byna sy nek afruk. Seker omdat hy uit 'n bloedlyn kom waar 'n ryding 'n geselsonderwerp moet wees – soos sy pa se ou Merc met die wippende kattebak en die gat in die vloer waardeur modder kan spuit.

JA, ek weet, dis warm hier, daarom ry ons met wit karre. Maar as jy lank oorkant die waters noord van die Middellandse See bly, val dit jou op as jy terugkeer na die moederland. Amper al die karre is dan wit.

Ek ry verby die supermark die dag nadat ons geland het uit die antieke wêreld. Geparkeer voor die winkel staan rye karre, soos dit hoort. Maar iets laat my weer kyk: Die hele ry is wit, elke damn een. Ek – in ’n silwer motor – ruk my nek om om die fenomeen weer te bekyk. En ry amper in ’n ou oom vas wat van voor kom. Vir eens is hy nie skuldig aan padswewery nie.

Waar ons in anderland op ’n eiland woon, is wit karre skaars. Meestal is dit net huurmotors wat wit is en die res is rooi of swart. Silwer is gewild – of is dit shades of grey? – en ook blou en daar daar is een lemmetjiegroen model. Ons eie een is vyf skakerings van rooi...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.