Beyoncé en Dylan – doepa teen vertigo

LUISTER EN LEES

Beyoncé en Dylan – doepa teen vertigo

KERNEELS BREYTENBACH skryf hoe musiek hom verras het ná ’n onwelkome ontsporing weens wanbalans. Hy het sy voete weer gevind met die popdiva en die musiekfilosoof se jongste pêrels. (Hy sluit ’n Dylan-speellys hierby in.) En hy het hom verlekker in sekere musiekikone se kosgeite.

WANNEER ’n mens ’n ruk lank geen musiek kan luister nie – weens ’n werfie van ’n vertigo-ontsporing – is jou terugkeer na die galop van musiek soms vir jouself ’n groot verrassing. Ek het dit in twee fases gedoen – eers met Beyoncé se album Renaissance, en daarna met Bob Dylan se boek The Philosophy of Modern Song.

Daar is een ding wat jy moet weet: Ek is nie ’n danser nie. Kan nie. Ek gooi slegs moves as daar absoluut niemand naby is wat die afgryse kan aanskou nie.

Maar Beyoncé. Miskien was dit die vertigo, miskien was dit die feit dat mens deesdae met iPad in die hand die liedjies se lirieke kan lees. Ek het gegroove, om ’n antieke term van die hedonisme te gebruik. So op die grens tussen tinnitus en wanbalans het ek skielik die sin in Beyoncé se musiek ontdek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.