Sjef Nic vier 21 jaar met sy eerste kosboek

VAN KRIEKET NA KOOK

Sjef Nic vier 21 jaar met sy eerste kosboek

Vir diegene wat ’n TV het, sal Nic van Wyk bekend lyk, want hy was onder meer 'n beoordelaar van die Kokkedoor-reeks. Maar dit maak nie saak as jy hom nie ken nie: Brood & botter is 'n boek met lieflike resepte en al koop jy dit net vir sy hoenderpastei, het jy ’n slag geslaan. ELNA VAN DER MERWE skryf oor sy eerste kosboek.

DIS die onderwysdepartement se skuld dat Nic van Wyk eers ’n jaar lank klubkrieket in Engeland moes speel voor hy ’n sjef kon word. Daar was nie huishoudkundeklasse vir seuns toe hy op skool was nie, toe kies hy maar sport: tennis, rugby, gholf en krieket. Vanjaar is sy “kulinêre mondigwording”, soos hy dit noem, en vier hy 21 jaar as sjef met sy eerste kosboek, Brood & botter: ’n Lewe van kook.

By kosboeke is die voorbladfoto soos die motto wat ’n romanskrywer voorin sy boek gee – dis naamlik ’n sleutel tot die inhoud wat wag. Nic het besluit op ’n halfgeëte biltongbroodjie. Die botter is dik, die biltong is nat met ’n vetrandjie en die brood is wit. Die bekende Sarie-kosskrywer Peter Veldsman het hierdie presiese broodjie altyd beskryf as sy gunsteling-kos wat hy wil hê as sy laaste maaltyd. Nic skryf sy laaste maal is ’n eier op ’n broodjie. Ek lei af sy uitgewer het hier ’n streep getrek en gesê dis darem te eenvoudig vir ’n voorbladfoto!

Hoe ook al, die biltongbroodjie wys sy eenvoudige benadering of soos die gastronomiese jargon du jour dit wil hê: eerlike kos. Sy boek is in drie dele opgedeel: Onthoukos, restaurantkos en hartskos...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.