Kies kortpad in die kombuis

KOS

Kies kortpad in die kombuis

Kitchen Shortcuts is presies wat die titel belowe – jy kan goed eet sonder om jou af te sloof voor die stoof, skryf ELNA VAN DER MERWE.

ONTBYT, versnaperings, ligte etes, hoofgeregte, soetgoed en drinkgoed is die onderafdelings in die baie praktiese Kitchen Shortcuts. Hier is interessanthede wat jou moed gee om ’n slag iets anders aanmekaar te slaan, soos Cheesy Boerie French Toast Roll-up Bake, Fully Loaded Pap Cups 3 Ways, Vegetable Curry Bread Pockets, One-pot Spaghetti Bolognese, Creamy Spinach Muffin Tin Pies en 5-ingredient Cordon Bleu Chicken Bake.

Die resepteboek het ontstaan uit die webwerf Foodies of South Africa (https://www.foodiesofsa.com/) waar mense van oor die land hul resepte deel en idees uitruil. Honderd persent van die tantième gaan aan die Bokamoso Education Trust, wat help om die opvoeding te befonds van kinders en jongmense wie se ouers dit nie kan doen nie. Lees hier (https://bokamosotrust.org.za/) meer oor hulle werk.

Ons het twee resepte vertaal (en effens verkort) wat goed sal werk as jy mense oornooi vir drankies op 'n naweeksaand. Die hoeveelhede is maklik om te vermeerder as jy 'n klein skaretjie nooi...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.