Pesto-gedagtes: Van Italië na Suid-Afrika

LIENTJIE KOOK

Pesto-gedagtes: Van Italië na Suid-Afrika

LIENTJIE WESSELS vertel stories oor haar ma se liefde vir alles Italiaans, en oor pesto, wat haar laat wonder het hoe ’n Suid Afrikaanse pesto sal proe en waaruit dit sou bestaan as daar een was. Sy deel ook vyf heerlike pestoresepte.

DIE laaste paar weke dwaal my gedagtes baie by my ma, Louie, en haar ongelooflike kosnalatenskap. Vir haar liefde, nuuskierigheid en sin vir avontuur met alles kos is ek haar diep dankbaar.

Sy is die grootste rede hoekom ek so lief is vir kos, en dan ook die geskiedenis van disse en die wye redes en invloede van hoe smaak en geur ontwikkel oor die wêreld. My liefde vir eksperimenteer is waarskynlik ook my ma se toedoen, want sy het my gelos om te doen wat ek wou, eers met bak en toe met kos, al was daar meer flaters as suksesstories.

As ek dink aan my ma, dink ek ook aan alles Italië, want sy het geglo sy is Italiaans, of was ten minste in al haar voorafgaande lewens, en was baie lief vir die land en die kos en sy was ook gelukkig genoeg om ’n paar keer na die plek van haar drome te kon reis. Ek was nog nooit self in Italië nie en ek wens ek kon haar weer vat voor haar dood en dit saam met haar ondervind, maar helaas was dit my nie beskore nie. Gelukkig kon ek by wyse van spreke indirek haar liefde van alles Italiaans  meemaak met die kos waaraan sy ons blootgestel het van ’n jong ouderdom af, asook al haar stories wat sy baie lief was om te vertel. Ek onthou veral die poskaarte wat elke paar dae opgedaag het by ons huis in Annie Bothalaan, Riviera. Moes so 1982 rond wees toe my ouma Helena by ons gebly het vir vyf weke. My ma het daai poskaarte vol geskryf van waar hulle is, wat hulle doen en eet...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.