Die lekkerste bykos is blatjang

BOSVELD-INSPIRASIE

Die lekkerste bykos is blatjang

Maroelas en Bosveld en gin & tonics maak LIENTJIE WESSELS lus vir blatjang maak. Dis mos soveel beter as die klaargekooptes.

NÊRENS proe ’n gin & tonic beter as in die Bosveld nie. Ek was nou een naweek Limpopo se kant toe, ’n wêreld wat my na aan die hart lê. Die water en wild, die onmiskenbare kleure van die lig met sonsak en die reuk van vuur ...

Die Sondag ry ek en my vriendin Wa terug en ’n hele ent weg onthou ek my maroelas lê nog in die yskas in die mooiste huis van hout en klip langs die rivier waar ons oorgebly het. Dis tienuur in die oggend en die son braai klaar, maar nou moet ons stilhou en maroelas optel. Wa het moeite om my te oortuig, want ek is vreeslik lui na te veel gin & tonics. Maar ek is bly sy kry my sover, want vanjaar wil ek ’n maroelablatjang met saffraan en jenewer maak. Daardie reuk van ’n maroela is genot, sonskyn en ’n bietjie laf wees alles in een. Daarvan kan mens, olifant en bobbejaan getuig.

Blatjang is vir my een van die mooiste woorde in Afrikaans (wat ons via Nederlands en Maleis geërf het) en val so lekker op die tong, net soos die soetsuur sous wat onlosmaaklik deel van ons kostradisie is. Byna almal het ’n weergawe van so ’n sous wat in een of ander gedaante altyd op die tafel is. Blatjang gee daardie ekstra iets aan kaasborde, braaibroodjies en ikoniese geregte soos blatjanghoender...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.