DIE Suid-Afrikaanse Inkomstediens, het die Zondo-kommissie van ondersoek bevind, was een van die “duidelikste uitbeeldings van staatskaping" waarby oudpres. Jacob Zuma “regstreeks en persoonlik betrokke was in die aktiwiteite en planne om dié regeringsentiteit oor te neem".
Tydens sy termyn as kommissaris van die SAID het Tom Moyane onbeskryflike skade aan die SAID aangerig deur onder meer van bekwame amptenare ontslae te raak en die entiteit se gesofistikeerde IT-stelsel in die wiele te ry. “Die SAID is sistemies en opsetlik verswak," het waarnemende hoofregter Raymond Zondo bevind.
Nou, amper vier jaar nadat Moyane by die SAID weg is, word weer vordering gemaak om gevorderde inligtingstegnologie in te span. Onder meer word kunsmatige intelligensie gebruik om die belastingproses vir die meeste Suid-Afrikaners te vergemaklik, en verteenwoordig dit ook 'n “kwantumsprong" in sy vermoë om belastingboewe vas te trek...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.