Kanselleerkultuur begin soos ’n bloedsport lyk

OOR KONINGIN, MONARGISME EN DIE RYK

Kanselleerkultuur begin soos ’n bloedsport lyk

Die spel van vergelykende ellende, beïnvloed deur identiteitspolitiek, het ’n uitwerking op kanselleerkultuur, skryf ISMAIL LAGARDIEN op die dag van koningin Elizabeth se begrafnis.

EK skryf hierdie artikel op die dag waarop die Britte hul koningin begrawe. Dit was fassinerend en onthullend, maar tog ook glad nie verrassend nie hoe die dood van Elizabeth Alexandra Mary Windsor op 96 jaar, nadat sy meer as 70 jaar regeer het, onrustige gevoelens van woede en onthou by mense ontlok het – en ook van vergeet, met ’n gepaardgaande redenasie om “aan te beweeg” omdat die Britse Ryk nou in die geskiedenis se vullisblik is. Die stelling om “aan te beweeg” verskuil soveel meer as wat dit blootlê. Dit kom gewoonlik van mense wat aandadig was aan of bevoordeel is deur ’n vroeëre posisie van mag en invloed.

Ons moenie doekies omdraai oor die feit dat die Britse Ryk, soos so baie ryke, se koloniale en setlaarkoloniale avonture hoofsaaklik tot voordeel van die koloniseerders en daaropvolgende setlaars was nie. Rykbouers is uiteraard veroweraars; mense wat ander onderwerp en tot onderhorigheid dwing. 

Wat die dood van die koningin van Engeland betref: Jy hoef nie ’n monargis of selfs ’n nuuskierige toeskouer van monargieë te wees om jou brein te verhoed om alles wat die afgelope twee weke of so sedert haar dood plaasgevind het of gesê is te absorbeer nie. Die brein doen wat hy doen; dis jou verstand wat pogings aanwend om dinge te verstaan, dit ondubbelsinnig te beskou of te demistifiseer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.