’n Afjak van die koningin haarself nogal

MAGGIE VS. LIZZIE

’n Afjak van die koningin haarself nogal

JOHAN KOORNHOF vertel van die keer toe Elizabeth II en Margaret Thatcher koppe gestamp het.

OP ’n vraag eens aan Jackie Onassis oor wat sy die meeste onthou van haar vele reise deur die wêreld saam met JFK, was haar reaksie onmiddellik: “Die reuk van vars verf.” Wanneer beroemdes besoek aflê, is mense geneig om hul plekke mooi te maak, gewoonlik met verf, soms letterlik om die krake te bedek. So was dit ook die geval met Rhodes House in Oxford in 1983 – Haar Majesteit die Koningin en die Hertog van Edinburg was op pad vir die herdenking van 80 jaar van Rhodes-beurse.

Rhodes House is ’n imposante Herbert Baker-sandsteengebou, na aan die kern van Oxford met sy magiese toringspitse, en maklik herkenbaar aan ’n koperkoepel met ’n enorme uitbeelding van die Zimbabwiese nasionale voël reg bo op; alles netjies skoongemaak vir die geleentheid.

Almal wat direk aan Haar Majesteit voorgestel sou word, is maande voor die tyd uitgenooi en ingelig oor die korrekte prosedures. Ry ná ry van werkers, amptenare, en hooggeplaastes was voorberei vir die voorreg om die koningin te ontmoet en moontlik ’n paar beuselagtige sinne met haar te wissel. Ander gaste, in hierdie geval ongeveer 650 Rhodes Scholars van oor die wêreld, het in die tuine van Rhodes House vergader, waar die koningin en die hertog ’n deurloop sou doen, binne touversperrings natuurlik, maar die waar die kans op ’n geselsie of ’n ontmoeting heelwat minder was.  ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.