Wees gereed vir wanneer demokrasie opdaag, want dit sál op loop gaan

GEDAGTES BY DIE DOOD VAN MIKHAIL GORBACHEV

Wees gereed vir wanneer demokrasie opdaag, want dit sál op loop gaan

Dit is taamlik maklik om parallelle en ooreenkomste te identifiseer tussen wat Mikhail Gorbachev in Rusland en FW de Klerk in Suid-Afrika gedoen het, skryf ISMAIL LAGARDIEN. Albei lande het gesukkel om hul liberale demokratiese vooruitgang, voorspoed en stabiliteit te handhaaf.

IN die vroeë 1990’s is in die een of ander stadium gesê die einde van apartheid en Russiese kommunisme was histories verbind, en meer spesifiek met die leierskap van FW de Klerk en Mikhail Gorbachev. Maar ons moet nog ten volle verstaan of daar enige direkte oorsaaklike konneksie was. Soos Mao Zedong glo vir ’n joernalis gesê het wat gevra het wat die Chinese leier meen die globale historiese belang van die Franse Revolusie was: “Dis te gou om te sê.”

Dié staaltjie is al soveel keer oorvertel dat dit moeilik is om te sê of dit regtig waar is. Dit het nietemin sin, hoewel net ’n bietjie … Vir baie van ons wat destyds skrywers, vakkundiges of denkers was, het Gorbachev se opkoms, die daaropvolgende ineenstorting van Sowjetkommunisme en die disintegrasie van die Sowjetunie op ’n intellektuele en ideaalgerigte keerpunt neergekom. Ons moes nuwe konsepte en idees vind en vestig om die globale en plaaslike politieke ekonomie te ontleed, verduidelik en verstaan. Dieselfde kan gesê word van Suid-Afrika ná De Klerk se “normalisering” van die land se politiek met die vrylating van Nelson Mandela en die opheffing van die verbod op politieke partye en burgerlike organisasies.

Gorbachev se oopstelling van die voormalige Sowjetunie, sy disintegrasie en Rusland se eerste treë, daarna ’n galoprit gevolg deur ’n verbysterende jaagtog na liberale demokrasie, was opwindend – maar nie altyd op ’n goeie manier nie. Liberale demokrasie in Suid-Afrika het skynbaar die regerende alliansie agtergelaat. In albei lande het liberale demokrasie sy eerste treë baie hoopvol gegee, en nou lê die gepaardgaande waardes van demokrasie, soos geregtigheid, grootskaalse gelykheid, gedeelde welvaart en voorspoed, stabiliteit en die uitwissing van armoede en sekte-ywer, aan flarde. Demokrasie het sy eie koers ingeslaan en die enigste manier om dit weer in te katrol is deur outokratiese “sterk-vrou/man”-leierskap. Rusland het dit in Vladimir Putin beliggaam en Suid-Afrika het voorlopig outokratiese beheer vermy...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.