De Klerk en die Gorbachev-paradoks

TWEE STAATSMANNE, TALLE PARALLELLE

De Klerk en die Gorbachev-paradoks

FW de Klerk was Mikhail Gorbachev se politieke ewebeeld, het ’n Britse politikus geskryf. Dié twee toegewyde staatsmanne se bydrae tot die geskiedenis was om mag in sterk maar falende stelsels te erf en toe die skrif aan die spreekwoordelike muur te lees, sê TONY LEON.

DIE ooreenkomste tussen FW de Klerk, die laaste wit president van Suid-Afrika, en Mikhail Gorbachev, die laaste Sowjetleier, is opvallend bo en behalwe hul rolle as “midwives from tyranny to a new politics”. Dít is wat die Britse politikus en veteraan-anti-apartheidstryder Peter Hain skryf in sy sterfberig oor De Klerk, wat in November 2021 op 85-jarige ouderdom oorlede is – en hy beskryf hom as Gorbachev se politieke ewebeeld.

Twee jaar tevore het ek my laaste openbare gesprek met De Klerk in Kaapstad voor ’n welvarende internasionale gehoor gehad, onder die sierlike kolonnades van die stad se Mount Nelson-hotel. Tydens daardie gesprek met ’n ontspanne, opgewekte De Klerk het ek besluit om die krane ’n bietjie meer oop te draai deur hom te vra of hy buiten ’n soortgelyke haarlyn ook aan die “Mikhail Gorbachev-paradoks” gely het.

Nes die laaste Sowjetleier, het ek gesê, het hy die stelsel van bevoorregting ontmantel wat aan hom toevertrou is om te bewaar, en sodoende vir homself minagting op die hals gehaal van diegene wat deur die verandering bevoordeel is én vyandskap van diegene wat in die proses verloor het. Die samekoms van ultraryk globale waardige persone wat ek en De Klerk daardie middag toegespreek het, het op nog ’n ongemaklike parallel tussen die twee staatsmanne, albei ontvangers van die Nobelvredesprys, gedui: Soos Bybelse profete het nie een van die twee veel eer in hul eie lande gekry nie. Albei het meer byval oorsee geniet...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.