Teater: Storiemeis by die Mogale-kunstefees

STORIEVROUE

Teater: Storiemeis by die Mogale-kunstefees

Sewe ware verhale van sewe minute elk wat handel oor die uiteenlopende ervarings van sewe vroue. Artikel deur DEBORAH STEINMAIR.

Lucinda Neethling is, vandat sy 16 is, sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler vir die groep Die Melkert Kommissie. In 2021 het sy haar eerste solo-album, Uitgeskryf, uitgereik. Sy is ook visuele kunstenaar en haar laaste uitstalling het uitverkoop.

Lucinda skryf oor ’n stilgeboorte: Sy dink aan Ernest Hemmingway se baie kort verhaal: “For sale: Baby shoes, never worn.” En skryf haar eie: “Ma: Gedra, gekraam, gedood, getroos, gefok.”

Alida Kok is ’n rubriekskrywer vir Beeld en Die Burger en dosent in politieke wetenskap aan die Akademia-universiteit...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.