Die kerkbasaar is nie meer wat dit was nie

ALLE SONDAARS WELKOM

Die kerkbasaar is nie meer wat dit was nie

O aarde nee, want selfs gay mense is nou welkom – en ewe tuis daar. Net soos die borselkopbrigade en die Johannas en Gertruidas. Maar nie Renostus en Florinda nie, skryf JAN WOLMARANS.

IETS van die oue bly behoue in ’n kerkbasaar. Iets herkenbaars en byna heel. Daar is Johanna, Jacoba en Gertruida. Agter die pannekoektafel bloos hulle nog warm agter vlam en gas. Dit kaneel. By die spitbraai woeker Dirk, Flip en Frik, fris van ouderwetse raakvatvernuf, prakties gekortbroek – ’n man wys mos sy vleis – met oopnekhemp met knope, gebiltongde voorarms, borselkoppe, diepe maaglagge en flinke vlamkennis. Fluks. Dit vonk.

Ek kom kerkbasaar toe met die vrye geloof dat ek my nie sal vasloop teen die twee gevreesdes nie. Die ekse Renostus en Florinda. Hulle. Ek kan beweeg in die vrye geloof van wye aanvaarding tussen ware Afrikarnivore met siel meer as versiering.

Ek waag dit hierheen, want newens die kerksusters gaan die girls darem ook hier wees. Karin met haar noedelslaai gelaai met ’n mengsel van botteltamatiesous en mayonnaise, dik met blik-ertjies en polony. Karen met haar aartappelslaai vol viennas en gherkins. Karien met haar rysslaai gespyker van de vose mieliepitte, geel kaas, groen olywe, Mrs Ball’s en piekeluie. Mens eet nie hierdie kouekos nie, al sal dit bosluise laat afval en muskiete op die vel laat vrek, maar o, die drie girls is warm. Jolig...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.