Moetie teen desperaatheid

DIE KRAG VAN POSITIEWE DENKE

Moetie teen desperaatheid

Tokkelossiesout, lucky sticks, magic rings ... Jy kan dit uit die geklassifiseerde advertensies bestel by 'n swetterjoel genesers, apostels, profete en mamas. Maar 'n boom voor jou huis of ‘Queen’ op jou T-hemp kan moetie genoeg teen die dawerende afgrond wees, skryf LINZA DE JAGER.

MISDAAD! Geen jobs, geen geld! Mens het magic nodig om te oorleef.

Nou die dag stap ek verby een van die tentjies wat oral soos sampioene opspring. Dié ene is langs ’n voetpaadjie oorkant die MyCiti-busstasie by die Bayside Mall in Table View. Die tentjie is omtrent so hoog soos ’n paddastoel. Om daarin te pas, sou mens jou lyf vooroor moet konsertina.

Drie of vier mans sit binne en luister na hiphop-musiek. Die musiek ding mee met die karre wat ’n katspoegie van hulle by die robot wag. ’n Vrou met ’n groot ring en blonde hare krap in ’n vullisblik naby hulle...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.