Ysland se vreesaanjaende betowering

OP REIS

Ysland se vreesaanjaende betowering

Ysland is klein en koud, 'n land soos geen ander nie. CONSTANT VAN GRAAN word op sy kort besoek oorweldig deur twee emosies: iets mistieks wat hom onrustig stem en iets daarvan om in 'n feëverhaal verdwaal te wees.

NIEMAND kan jou voorberei op die Land van Vuur en Ys nie. Ná nege dae op dié eensame eiland in die Arktiese Oseaan kan ek steeds nie die landskappe akkuraat beskryf nie. Miskien ’n bietjie Oos-Vrystaat en Weskus, en sommer heelwat Montana en Colorado. Die res? Dalk Middle Earth (van Lord of the Rings-faam) en ’n klomp milieus van vreemde planete uit Star Wars, met oorweldigende gletsers, parmantige geisers en brullende vulkane. En tog kan ek nie reg laat geskied aan die werklike ervaring nie.

Dan is daar die mense. Yslanders is blykbaar nie bekend vir hul vriendelikheid nie, maar hulle is hulpvaardig. En geduldig – iets wat ek ondervind het toe ek vir die soveelste keer aan die verkeerde kant van die pad ry!

Maar dis hulle taal wat my die meeste bybly. Dit het ’n antiekheid wat herinner aan die Vikings, dié dat prof. Gummi Oddsson, dosent aan die Universiteit van Akureyri, opmerk dat hy Oud-Noors beter as die Noorweërs self verstaan. Want sien, anders as sy Skandinawiese neefs is Ysland al vir ’n duisend jaar afgesonder en is die woordeskat en grammatika van die taal ongeskonde...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.