Al die koffie in China

KOFFIE EN KOEK

Al die koffie in China

Die koffiebedryf in China bars uit sy nate, maar die fynproewer en smulpaap GERHARD GREYVENSTEYN verlang na ’n koppie Nescafe-kitskoffie. Dis al wat sal pas by sy ingevoerde stuk vrugtekoek.

’N KOPPIE Nescafé met baie melk, ’n sny ryk vrugtekoek (sonder brandewyn asseblief, die pastoriegesin is geheelonthouers), en Racey se “Some Girls” op die radio. Dis Desember 1980, en ons hou vakansie by Warrior’s Rest naby Margate aan die Suidkus.

Die vakansieoord met sy oulike klein simplekswoonstelletjies, net oor die bult van ’n verlate strand, was ons jaarlikse vakansiebestemming. Die oord is besit deur die MOTHs, die Memorable Order of Tin Hats “to protect and advance the interests of war veterans and their kin by carrying out benevolent activities of an ex-service character”. Mr Perkins was die bestuurder van die oord, ’n Engelsman met ’n pienk gelaat en ’n flambojante silwer snor. My pa en ma het graag met hom gesels in hulle lomp Engels en hy kon natuurlik nie ’n woord Afrikaans praat nie. Ons het na om verwys as meneer Engelsman, want in Pretoria in 1980 het ons nie baie Engelse mense geken nie.

Ons was geheg aan hom. Hy het graag gehelp met tafeltennisballetjies of pluimbalpluimpies wanneer ons ons s’n vergeet het. Hy het ook graag die klein biblioteek oopgesluit vir die boekwurm (ek). Daardie reuk is nou nog by my, effens klam en muf, maar gerusstellend. Die boeke was Enid Blyton en Agatha Christie en Dorothy L. Sayers, tweedehandse hardebandweergawes sonder die stofomslae...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.