DIE opettering van geweld deur die polisieminister, Bheki Cele, wat vir Ian Cameron van Action SA “shut up, shut up” skree voor 'n skare mense, is seker een van die skokkendste nuusgebeure van die jaar. Dis 'n moment wat die kultus van gemilitariseerde intimidasie van dié in beheer ontbloot. Die toonwaarde van die duidelik geïrriteerde, armswaaiende minister se woorde het verskrik en verwond.
Cele is bekend as die rockster-polisiehoof wat met panamahoed van misdaadtoneel tot misdaadtoneel reis. Die lyfwagte en paparazzi is altyd teenwoordig. Die TV-kameras rol. Die kameras flits. Fame and violence. 'n Flashy polisiehoof en beheervraat wat in 'n land waar drie vroue per uur verkrag word, ons soos 'n spindokter wil oortuig dat die geweld in ons land nie buite beheer is nie. Sy boodskap in sy “shut up, shut up”-moment is duidelik en ongenuanseerd: Ons moet eerder stilbly. Ons moenie uitpraat nie. Dit wat ons sê, is nie die moeite werd om gehoor te word nie. Monde moet gesnoer word en die waarheid moet uitgedoof word.
By Church Projects verbreek Warren Maroon die geheimhouding. Sy konseptuele kuns praat terug teen die shut up en die verskrikking. Hy artikuleer visueel die impak van die venietigende baksteen en verdwaalde koeël in dié land, wat Antjie Krog as een van genade en verdriet beskryf...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.