Jan wil nie braai nie

FÓQUOLLE STYL

Jan wil nie braai nie

Al is die braai die laaste vergaderplek van die volk, gaan daar mense wees wat maak dat jy die geleentheid misloop. JAN WOLMARANS kán nie om dieselfde vuur sit as Renostus, die verloopte predikant, en sy eksvrou, Florinda, nie.

EK wil nie na die braai toe gaan nie, want Renostus gaan daar wees. Hy wat dink sy wye woorde is ewig sielewyn vir ander. Onse Renostus Botus. Hy wat skynbaar glo hy bly altoos ons testosteroonbewoorde volksbesit. Ons eksdominee met die losgepreekte libido. Soos hy aangaan, is hy die enigste een onder ons ander platgejagtes wat steeds met ’n horing geseën is.

Ek wil nie na daai braai toe gaan nie. Nee.

Renostus gaan glo daar wees, hy met die ewig innemende glimlag van die kerngesonde hoofseun. Hy met erekleure in alles, veral sjarme en skaak. Elke gedagte ’n Dux-medalje. Elke skouerklop ’n intieme verbroedering...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.