Die eindelose braaibroodjie-baklei

TAMATIE, KAAS EN UIE

Die eindelose braaibroodjie-baklei

Sal 'n fynproewer-braaibroodjie 'n contradictio in terminis bly? Sal die tradisionele garde aanvaar daar is plek vir verandering? Solank niemand net die twee met mekaar verwar nie, skryf LIENTJIE WESSELS.

SO bevind ek my nou die Sondagoggend in twee wêrelde in een stad. Eers maak ek ’n vinnige draai vir tandoori-roti, kekerertjiekerrie, Siriese limonade en pekanneuthalwa in my gunstelingplek, Fordsburg. Later die dag is ek in die lowergroen en gemanikuurde voorstede van Johannesburg in ’n reuse-tuin van ’n lieflike ou huis waar almal en alles vir my perfek lyk.

Ek voel so bietjie uit. My broer se dogter sê in ’n stadium dis seker hoe dit voel om op een van daardie films in te wandel wat in die suide van Amerika in ’n tuin afspeel. Dis gewoonlik ’n troue en die mense is almal mooi en net so gemanikuur soos die tuine, hulle welvaart is duidelik en hulle is belangrik en deel van die wêreld.

Ek is effens huiwerig hier vir ’n braaibroodjiekompetisie, maar ek het ingestem, want ek is immers gevra deur ’n baie goeie ou vriendin en wonderlike nuwe vriendinne. Hier is ’n paar kennisse ook, so alles is eintlik gesellig en gemaklik...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.