JOU siel word genees as jy tyd saam met kinders deurbring, het die Russiese skrywer Dostojefski gesê. Dit geld egter nie die Amerikaanse sanger-komponis Loudon Wainwright III en sy gesin nie. Trouens, die Wainwrights het die kuns van disfunksionaliteit so verfyn dat hulle die Kardashians na piepiejollers laat lyk.
Loudon Wainwright III was een van die vele jong kunstenaars wat in die vroeë en middel-70’s die etiket van “die nuwe Bob Dylan” om die nek gehang is. Sy liedjies was sterk en gedenkwaardig, maar hy was g’n Dylan nie. Dit was eerder baie duidelik dat hy uit ’n baie eksklusiewe en bevoorregte sosiale plek kom: ou geld.
Hy is ’n direkte afstammeling van Peter Stuyvesant, die 17de-eeuse Nederlandse goewerneur van Nieuw-Amsterdam, die latere New York. Sy pa was die rubriekskrywer en Life Magazine-joernalis Loudon Wainwright Jr. en sy oor-oorgrootjie die diplomaat Archibald Loudon Snowden...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.