Miskien dan jazz?

MUSIEK

Miskien dan jazz?

Ja, dan jazz! Dit het nou tyd geraak, skryf KERNEELS BREYTENBACH, want hy is uitgekuier met heelparty van sy jare lange lieflinge. Hy stel speellyste voor wat ook ander bekeerlinge sal lok.

DAAR kom ’n tyd in elke mens se lewe wanneer jy ’n spesmaas begin ontwikkel dat dit dalk tyd is om op te hou luister na Taylor Swift en Van Morrison. Jy raak verveeld met populêre musiek, om welke rede ook al. Kom ons neem maar aan dat jy al soort van ’n bietjie geluister het na klassieke musiek, en gevoel het jy kry net nie daai fingerspitzengefühl in jou tone nie. (Hier daal jy in die estimasie van een van die Vrye Tyd-redaksielede. Sy sal vir jou ’n klassieke speellys saamstel wat jou daai fingerspitzengefühl op ander plekke ook sal laat kry. – Red.)

Miskien dan jazz?

My jazz-avontuur het begin toe ek een aand in 1976 ’n konsert van Dollar Brand (later Abdullah Ibrahim) in die Beattysaal by die Universiteit van Kaapstad moes gaan resenseer. Dit was ’n groot openbaring, en my resensie het Brand se aandag getrek. Hy het my gebel en genooi om by hom ’n draai te maak by sy karate-ateljee in Langstraat, Kaapstad. Hy het my vertel van die mense wat hom beïnvloed het, en voorspel dat as ek een maal vir Thelonius Monk sou hoor, ek nooit sou terugkyk nie. Monk, en Bill Evans...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.