OUJAAR wil ’n mens nie meer deurnag kaalbolyf onder flitsligte in ’n donker hool gaan dans met ’n blink ding op jou kop en spookspyker in jou drank nie. Alleen boudestamp en tieteswaai tussen malle menigtes, almal van alle werklikheid losgevloge nie. Oge algar op stelte en tande in blitsende kleure. Nee.
Jy wil nie meer teen dagbreek beswemmeld op die gat van ’n oopdakkar oor Kloofnek jaag om die Nuwejaarson in Kampsbaai te gaan haal nie. Beslis nie. Jy wil dalk stil tuis met naastes braai en alle politiek tot twaalf ontwyk en dan met goeie wense rustig gaan slaap. Nugter.
Maar nee, ek het mos toegelaat dat Florinda my op die kerkbasaar soos ’n skoolseun aantree en my opdrag gee om op haar glansryke Oujaarsaand musiek te kom maak. DJ te speel. En ek moet sê, die idee om mense, naastenby almal van my jare, met lekker klankherinneringe te verras, boonop met ’n lekker musiekstelsel, dit het my nogal dadelik getiekel. Sy kon my net inkatrol:..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.