Die laaste avondmaal

WIE LAASTE LAG

Die laaste avondmaal

Op die bord vir die Oujaarsaand is ’n geil skep galgehumor. ELNA VAN DER MERWE het ’n paar Vrye Weekblad-lesers gevra wat hulle sal eet op die laaste aand voordat hulle die volgende dag aan die galgtou swaai.

WANNEER daar laataand ’n stilte val oor ’n deurmekaar geëete tafel, wek ek my papgekuierde gaste graag op met die vraag wat hulle sal bestel vir hul laaste aardse maaltyd. Ons gaan nie dieper in op die vraag of daar maaltye elders gaan wees nie. Dis reeds moeilik genoeg om op ’n vol maag te swem, wat nog te sê filosofeer.

Die reëls is eenvoudig: Jy kan eet soveel jy wil, want jy sal nooit versadig word nie (ja, soos jy in jou laaste ure ook sal besef die Dieper Dors kan nooit geles word nie), en jy kan bestel net wat jy wil, want die beul is ’n lankmoedige sjef.

My eie begeertes is sober: braaibroodjies vir voor- en nagereg en vir die hoofgereg kreef. Kreef soos toe ek ’n dogtertjie was en my oom net kniediep in Strandfontein se see ingestap het om hulle uit te haal. En toe het hy dit in ’n konka kookwater op die strand vir ons gaargemaak. (Ek verstom myself nou pas dat ek ’n nostalgiese been in my lyf het! Ek was onder die indruk ek leef net met die gesig vorentoe gedraai.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.