Liedjies wat boodskappe bevat

MUSIEK

Liedjies wat boodskappe bevat

Taylor Swift was nie die enigste een wat in ’n liedjie afgereken het met ’n eks nie. KERNEELS BREYTENBACH skryf oor die stories wat soms agter musiek skuil, en daar is weer vir jou ’n speellys op Spotify en Apple.

RAAR maar waar: Baie gevierde musiek is nie net sommer uit die lug gegryp nie; kunstenaars het dit geskryf oor spesifieke mense, om hulle te gedenk, in gelyke munt terug te betaal, of sommer net om hul gemoedstoestand op ’n spesifieke oomblik te verewig. Hier is ’n klompie voorbeelde:

‘Come Together’ – The Beatles

Die befaamde Britse joernalis Nick Kent vertel in sy outobiografie Apathy for the Devil hoe hy afgekom het op ’n vreemde weggesteekte liriek in The Beatles se “Come Together”. In The Complete Beatles Recording Sessions, ’n skitterende databasis van feite oor alle opnamesessies van dié groep (saamgestel deur Mark Lewisohn), word vertel dat toe John Lennon in 1969 sy sangopnames vir “Come Together” gedoen het, hy elke strofe ingelei het met die uitroep “Shoot me!” bo-oor die voorafgaande musiek. George Martin, die produksieleier, het ingegryp en die uitroepe geredigeer sodat net die klank “Shoo!” oorgebly het. Elf jaar later het Mark David Chapman in ieder geval gehoor gegee aan Lennon se versoek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.