Treurigheid op note

DANS OP DIE VOORSTOEP VAN AVBOB

Treurigheid op note

Toe Vrye Weekblad se sluiting aangekondig word, was die span só mismoedig dat hulle dadelik gereageer het op KERNEELS BREYTENBACH se versoek om begrafnismusiek in te stuur. Ons plaas dit steeds – speel dit nou daar om julle vreugdevure.

Image: ANGELA TUCK

VERLEDE week se Maandag het baie Suid-Afrikaners voor die TV gesit en kyk na die begrafnis van koningin Elizabeth II. Weens ’n ontydige ingryp deur Eskom kon ek nie – wat nie heeltemal ’n persoonlike emosionele ramp is nie, want ek sukkel met Klaas Vakie wanneer daar só ’n oormaat van somber, gewyde musiek is.

Begrafnismusiek het die afgelope ruk sterk met my gemoed gewoel. Die begrafnis wat hier ter sprake is, was dié van ons geliefde Vrye Weekblad.

Dit is beklemmend om te dink aan die verskraling van die gesprek rondom landspolitiek in skerpe fokus en lewenskuns in die ruimer visie wat meegebring sou word as die sluiting van hierdie publikasie nie afgewend is nie.

Die begrafnis wat helaas wel gaan plaasvind, is jou eie. En wie van ons het nie al begin lysies maak, so in die vaarwater van die opstel van jou testament, van die musiek wat jy op jou begrafnis gespeel wil hê nie?

Dis ’n interessante binnegesprek, nè? Komaan, julle weet waarvan ek praat. Daardie effense hartseer vir jouself, die gedagte van dís hoe ek onthou wil word …

Ek het ’n klompie van die mense wat by Vrye Weekblad betrokke is, gevra om vir my drie liedjies te lys wat hulle op die aanlyn koerant se begrafnis sou wou speel. (Dit het natuurlik alles gebeur voor die wonderbaarlike die-kat-kom-weer-heropstanding!)

Die speellys het ’n baie interessante wydlopigheid. Dis omtrent Vrye Weekblad se “persoonlikheid” – soms jolig, soms somber. Dikwels sterk emosioneel, ander kere met ’n sardoniese passievolheid. Daar is iets gewyds, daar is iets vir elke smaak.

Max du Preez het die probleem met sulke keuses netjies saamgevat: “Ek sou almal wou beïndruk het met my versameling van world music, fado, klassieke jazz, Romani, Kubaanse, Suid-Amerikaanse, Kongolese en Balkan-musiek, maar vir wat jy wil doen, is die lirieke seker die belangrikste. So laat ek maar my ouderdom wys.”

Ek dui kortliks aan wie wat gekies het. Op die speellys self het ek met die hulp van professor Google ’n paar toevoegings gemaak van liedjies wat op meningspeilings die gewildste begrafnismusiek is. Ek het ’n bietjie geskommel en geskuif aan die volgorde, net om dinge interessant te hou.

En moenie bevrees wees nie, ek het nie Beyoncé se “Sorry” of enigiets van Adele ingesluit nie. My hart sou dit nie gehou het nie.

Max du Preez

  • “I started a joke” – Bee Gees
  • “For the good times” – Kris Kristoffersen
  • “No milk today” – Herman’s Hermits

Anneliese Burgess

  • “In this heart” – Sinead O’Conner
  • “How long will I love you” – Eli Goulding
  • “I can’t help falling in love with you” – Elvis Presley
  • “Ombra Mai Fu” uit Serse – George Frideric Handel
  • “Hartseer vir die reën” – Theuns Jordaan

Laureen Rossouw

  • “Cucurrucucú Paloma” – Caetano Veloso
  • “Staan my by” – Radio Kalahari Orkes
  • “Lullabye” – Billy Joel

Elna van der Merwe

  • “Dido’s lament” (When I am laid in earth) uit Dido and Aeneas – Jessye Norman
  • “Barcelona” – Freddie Mercury en Montserrat Caballé
  • “Du hast” – Rammstein

Piet Croucamp

  • “Every grain of sand” – Bob Dylan
  • “Avinu Malkeinu” (ou Hebreeuse gebed)
  • “Groet sonder woorde” – Koos du Plessis

Ingrid Jones

  • “Days like this” – Van Morrison
  • “Peter Pan was right” – Anson Seabra
  • “I ain’t gonna stand for it” – Stevie Wonder

Henk Serfontein

  • “Everything must change” – Nina Simone
  • “By your side” – Ane Brun
  • “Leave a light on” (akoesties) – Tom Walker

Louis de Villiers

  • “Looking down from the bridge” – Mazzy Star
  • “Cumbia de los Muertes” – Ozomatli
  • “Spirit in the sky” – Norman Greenbaum

Deborah Steinmair

  • “Proud Mary” – CCR
  • “Pearl's a singer” – Elkie Brooks
  • “The post-war dream” – Pink Floyd

Frederik de Jager

  • “Joy to the world” – Three Dog Night
  • “Here comes the sun” – Beatles
  • “Walk on the wild side” – Lou Reed

Dominique Botha

  • “Solitude” – Geoffrey Oryema
  • “Konsert vir twee viole in D mineur”, BWV 1043 – JS Bach
  • “Life goes on” – Tupac Shakur

Zirk van den Berg

  • “Weeping” – Bright Blue
  • “The signs” – Andra
  • “Tea & theatre” – The Who

Ali van Wyk

  • “Regntunga Skyar” – Arnold Johanssons Boxholm Brass
  • “A song for you” – Gram Parsons
  • “Ghost song” – Cécile McLorin Salvant

Kerneels Breytenbach

  • “Peace piece” – Bill Evans
  • “Al lê die berge nog so blou” – Johannes Kerkorrel
  • “More than this” – Roxy Music

Apple:

Dans op die voorstoep van AVBOB

Spotify:

Dans op die voorstoep van AVBOB

♦ VWB ♦


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op hierdie bladsy om op hierdie artikel kommentaar te lewer, of klik regs bo as jy op die app is. Ons hoor graag van jou!


Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.