Die Adirondack – stoel met ’n siel

IKONIESE STOEL

Die Adirondack – stoel met ’n siel

Op reis sien RENÉE RAUTENBACH CONRADIE oral die ikoniese Adirondack-stoel, nou in nuwe kleure en van ander materiale gemaak as die tradisioneles waarmee sy grootgeword het.

KYK, as jy jou sit in hierdie ikoniese stoel kry, sit jy. Diep en deeglik. Ses of sewe sparre aan die rugkant met ’n ronding onder die bene en wye armleunings waarop ’n glas en sommer twee boeke kan staan.

En dit het alles begin by tering. Rondom 1903 het ene Thomas Lee van Westport vir hom ’n lekker gemaklike vakansiestoel ontwerp wat voor hoër is as agter sodat ’n mens lekker agteroor kan leun. Hy het dit genoem na die nabygeleë Adirondack-berge. ’n Vriend van hom, Harry Bunnell, het dit gepatenteer nadat hy ’n paar veranderings gemaak het om dit meer geskik vir siekes te maak. Die stoele met hul breë armleunings was gewild in die teringsanatoriums omdat dit die sitter se borskas oopgetrek het. Eers in 1938 is die enkelplank van die rugleuning deur Irving Wolpin verander in die waaiervormige leuning wat ons ken.

Op ’n onlangse besoek van ’n maand aan die oostekant van Kanada is ek opnuut daardeur getref dat hierdie stoele soos ’n nasionale instelling geraak het. Jy sien hulle oral: op die jetties langs die duisende mere, op houtstoepe, op grasperke, op sypaadjies, voor restaurante, in sirkels om vuurputte, voor stadsale en in openbare parke (mense steel nie daar nie) staan hulle. Uitnodigend en helderkleurig. En hier word hulle Muskokas genoem...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.