Monumente om te onthou; óf om te vergeet-om-te-onthou

GEDENKTEKENS IN TWEE LANDE

Monumente om te onthou; óf om te vergeet-om-te-onthou

Soms word gedenktekens opgerig om oor gruweldade te vermaan; soms ter versoening; en soms toon hulle dat ons slagoffers van ons eie kieskeurige amnesie is, skryf ANELIA HEESE.

IN die boomryke praalstraat Kurfürstendamm staan die Kaiser Wilhelm Gedächtniskirche soos ’n skewe oogtand uit.

Dié inkopiestrook, omring deur ontwerpersklerewinkels, kunsgalerye en Michelin-ster-restaurante, is bestem as die skouvenster vir die glorieryke vryemarkbestel – die diamant in Wes-Berlyn se kapitalistiese kroon. In die flitsende vensters wat verbruikerskultuur skaamteloos ophef, kom die weerkaatsing van die verminkte kerkgebou onvanpas voor. 

Die kerk se neoromantiese boustyl met sy poespas van gotiese elemente is verwarrend: Dis ’n Protestantse kerk, maar lyk Katoliek; dis geleë in Brandenburg-Berlyn, maar lyk Rheins; die buitelyne is skoon, maar die binneste ruim is met oordadige Middeleeuse mosaïek versier. Die kerk was met sy inwyding in 1906 ’n perfekte voorbeeld van nasionalistiese megalomanie: die kerkklokke het blykbaar so luid gebeier dat die wolwe in die Berlyn-dieretuin begin huil het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.