Diaspora vir aandete

PLIES PAAS DE SALT

Diaspora vir aandete

Soms moet mens luister na wat ’n droefgeestige tafel vir jou te sê het, skryf ANELIA HEESE.

DIE tafel is onprakties. Die onkonvensionele ovaalvorm skep die illusie dat vier, of selfs ses, gaste ruim kan aansit. Sit jy egter aan die kop van die tafel, is jou wynglas gevaarlik naby aan jou gespreksgenoot se vurkhand op die lang sy. Probeer jy die tafel rek vir vyf, vra jou knieë gedurig of jy links, regs, of wydsbeen verby die swaar boekenhoutpote moet skuif. Die blad is ongelyk. Sonder ’n tafeldoek wieg en wikkel die borde op die laste soos jy eet. Hier’s ’n keep, dáár ’n duik, en in die middel loop daar ’n dun, wriemelende spoortjie van ’n Laeveldse kewertjie wat ’n eeu gelede in die boom nes gemaak het. Die tafel is oud.

Byna ’n halfeeu gelede begin hierdie tafel sy reis om by my huis in Berlyn, Duitsland, aan te sluit. Die tafel was aan my skoonma deur haar skoonpa geskenk, wat dit in 1975 op ’n mark in Pretoria gekoop en restoureer het. Vandaar is dit na hul eerste woonstel in Claremont, en word later deel van die pakkaas wat in die vroeë 2000’s na Australië verhuis. Hier word die tafel aan my geskenk toe ek ook deel van die toenemende diaspora word. Ek was dankbaar vir elke meubelstuk wat nie uit ’n Sweedse fabriek kom nie, en my skoonsibbe was heimlik dankbaar dat ek hulle van dié onpraktiese erfstuk kon verlos.

Toe die trekmaatskappy vra of die tafel ook moet saam, toe wonder ek hoekom die vraag vir my so dom voorkom. Natuurlik kom die tafel saam! Hierdie is nie net ’n tafel nie. Met hout ontgin uit die buik van Afrika, gesmee met vakmanskap van voorsate wat hul kennis oor koue oseane saamgedra en oorgedra het, verteenwoordig hierdie tafel my erfenis. Om meubels te restoureer verg geduld, en al is die politieke oortuigings van my man se oupa onbekend, vind ek troos en  geborgenheid in die geïmpliseerde waardes wat die tafel inhou...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.