Marian van Wyk is ’n vryskutjoernalis en kreatiewe redakteur van die tydskrifte Tuis en Home. Sy woon in Kaapstad saam met haar man en baie belangrike kat, Nebukatneser. As stilis en skrywer vat sy gereeld die langpad agter stories en fotosessies aan. Ander dinge wat haar hart bly maak, is speurromans, swem in die see, modernistiese argitektuur, priemgetalle en haar man se Japannese kookvernuf.
DOEN DIT SELF
’n Man met ’n plan vir sy Karoo-dorp
’n Mens kan jou dae om kerm en kla oor die verval op die platteland. Of jy kan moue oprol soos ’n raakvat-inwoner van Nieu-Bethesda, en inspring om die slaggate, rommelstrooiery en bome wat swaarkry op gehawende sypaadjies in werkgeleenthede te omskep. MARIAN VAN WYK het dié storie in die Oos-Kaapse Karoo gaan haal.
Deel
DIS peerbloeiselseisoen en Karoo-trip nommer ses toe ek die vierde keer in 15 maande verby Nieu-Bethesda se Tot Hier Toe-padstal op regterhand ry, waar die pad ’n naam kry: Martinstraat. Gewoonlik lyk die grondpad soos ’n zen-koffietafeltuintjie knap nadat jy ’n vurk daardeur getrek het, maar vandag is dit so te sê toe onder bloeisels. Op die hoek waar jy links draai na Helen Martins se Uilhuis anker twee pale ’n netjiese groen vullisdrom, een van tien wat die ganse dorp tiptop hou.
Die storie van die skoon Karoo-dorpie met die naam wat “vloeiende water” beteken, gaan haal ek by die man agter dié einste tien vullisdromme, Justin Duckitt*, ’n 39-jarige konstruksiebestuurder. Hy en sy lewensmaat, Jacques Müller, het in 2008 op Nieu-Bethesda kom woon en is die eienaars van Die Waenhuis, wat hulle in 2013 as ’n bouval gekoop het. Justin het mettertyd die dorp se bouer, nutsman, broodbakker en ysmaker geword en, sou sommige sê, ’n gemeenskapsleier namate sy passie vir sy dorp en sy mense gegroei het.
Mense is arm, sommige krepeer, en werk is skraps – soos op die meeste Suid-Afrikaanse dorpe. Hier is sowat 1,500 inwoners (2011 sensus), van wie die meeste in Pienaarsig, tradisioneel die bruin buurt, woon en minder as 100 op die dorp self...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelMarian van Wyk
JoernalisMarian van Wyk is ’n vryskutjoernalis en kreatiewe redakteur van die tydskrifte Tuis en Home. Sy woon in Kaapstad saam met haar man en baie belangrike kat, Nebukatneser. As stilis en skrywer vat sy gereeld die langpad agter stories en fotosessies aan. Ander dinge wat haar hart bly maak, is speurromans, swem in die see, modernistiese argitektuur, priemgetalle en haar man se Japannese kookvernuf.