Om te leer mediteer maak seer

LEES WEER

Om te leer mediteer maak seer

’n Meditasiekursus is nie ’n retreat nie, het BIBI SLIPPERS vir ons uitgawe van 25 Oktober 2019 geskryf nadat sy 10 swaar dae van stilsit en stilte deurgebring het. Dit bied glo ’n weg uit die ellende, maar om langs dié weg te leer loop, voel nogal baie soos ellende, sê sy.

“MISERY is the river of the world,” sing Tom Waits mos, en op die Woensdagmiddag waarop ek Worcester toe ry vir ’n 10 dae lange meditasie-retreat, staan die sytak van dié rivier waarin ek my bevind (die een waarin verkeer uit Kaapstad moet vloei) stil. Doodstil.

Ek is haastig, want ek is reeds laat, en ek is geïrriteerd, want ek is nog nie gereed vir stilsit nie. Ek wou die uur of wat in die kar op pad na die Dhamma Pataka Vipassana-sentrum gebruik om my, teen 120 km/h, op die stilsit voor te berei. En op die stilte.

Want vir die stilte is ek bang. Daar is ’n hol kol op my maag oor die vooruitsig om vir 10 dae nie ’n woord te mag sê nie, om niemand anders te hoor praat nie, en om sonder ’n foon, rekenaar of notaboek te wees. ’n Mens weet mos dat jy in die stilte jou eie kop gaan hoor raas, maar jy weet nooit of jy gereed gaan wees om daardie kakofonie te konfronteer nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.