Leer weer konsentreer: 5 wenke vir fokus in die tyd van die internet

SWEM AAN DIE DIEP KANT

Leer weer konsentreer: 5 wenke vir fokus in die tyd van die internet

Besig wees en werklik produktief wees is nie dieselfde ding nie. Cal Newport se boek Deep Work verduidelik hoe jy jou aandag meer doeltreffend op jou werk kan toespits. BIBI SLIPPERS verduidelik die vyf maniere waarop jy weer konsentrasie-fiks kan raak.

DAAR’S ’n sin aan die begin van Cal Newport se boek Deep Work wat my laat regop sit het: “The lack of distraction in my life tones down the background hum of nervous mental energy that seems to increasingly pervade people’s daily lives.”

Ek het dit onderstreep, want daardie agtergrond-gezoem van angstige energie is die afgelope jare darem net te alomteenwoordig en alombekend – en as daar ’n teengif is, wou ek weet wat dit is.

Newport, ’n rekenaarwetenskaplike, meen hierdie gevoel van senuagtige onvergenoegdheid word veroorsaak deur die feit dat ons die vermoë om op een ding te konsentreer aan’t verloor is (en in sommige gevalle reeds heeltemal verloor het). Sogenaamde “network tools” soos e-pos, sosiale media en kitsboodskappe lei ons aandag af van werk wat ononderbroke konsentrasie vereis, en kalwer ons kapasiteit weg om gefokus te bly...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.