KUIERGATE VAN DIE COOL KIDS
Soos ’n Gert in dorre streke
Jy’t dalk nog nooit Gert Schoonraad se naam gehoor nie, maar as jy selfs net ’n greintjie cool in jou het, was jy beslis al in een van sy restaurante of kuierplekke in Johannesburg. BIBI SLIPPERS ontmoet die meesterbrein agter die Goudstad se gunsteling-kuiergate.
KUIERGATE VAN DIE COOL KIDS
Soos ’n Gert in dorre streke
Jy’t dalk nog nooit Gert Schoonraad se naam gehoor nie, maar as jy selfs net ’n greintjie cool in jou het, was jy beslis al in een van sy restaurante of kuierplekke in Johannesburg. BIBI SLIPPERS ontmoet die meesterbrein agter die Goudstad se gunsteling-kuiergate.
Deel
DIE storie oor die renaissance van Melville se hoofstraat begin met albasters en foosball-tafels. Dis ’n storie oor 11 soorte gin, ’n meisie wat uit die dak op ’n dansvloer val, hot dogs en sosiale integrasie, rum en rumoerigheid. Dit loop ’n draai deur Hatfield, Linden, Greenside, Braamfontein en keer terug Linden toe voor ons uiteindelik in Melville uitkom, voor die skuifdeur van Romeos, die week oue kuierplek in Main Road wat die belofte inhou om die hele straat te help ophef.
Dis nog ’n kepie op die kerfstok van Gert Schoonraad, die een mens wat al die uiteenlopende drade van die storie van die beste kuierplekke in die Goudstad laat saamloop en sinmaak.
Gert het ’n skynbaar bonatuurlike gawe om die Next Big Neighbourhood te identifiseer en die Next Big Trend te sien aankom voor dit tref. Hy het hierdie instink al verskeie kere gebruik om een of ander vervalle gebou in ’n onwaarskynlike ligging te transformeer tot die soort kuierplek wat in die annale opgeteken word as Dié Plek Waar Dinge Daardie Jaar Gebeur Het: Die eertydse Gin in Greenside, die Braamfontein-staatmaker Great Dane, en Linden se aanloklikste bymekaarkomplek, Brian Lara...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelBibi Slippers
BydraerBibi Slippers is 'n joernalis en digter van Johannesburg. Sy is die skrywer van Fotostaatmasjien en mede-samesteller van Nuwe Stemme 6.