2019: ’n Jaar in poësie

BEROCCA VIR DIE BINNELEWE

2019: ’n Jaar in poësie

Die jaar hou nog een onmoontlike opdrag vir BIBI SLIPPERS in, en al is dit effe gelate, stook sy sonlig oor gedigte dun en dig.

2019 was lank en wreed en dit reën al vir sewe dae sonder ophou in Johannesburg. Daar’s ’n video op Twitter van ’n kar wat in bruin vloedwater wegdryf in Centurion, so half gelate. Die land is sonder krag, dis Desember, maar Gauteng is koud en nat en donker, en die eerste reël van die enigste gedig wat ek vanjaar suksesvol gememoriseer het, voel gepas: “Hoe het dit skielik laat geword?”

(Dis Olga Kirsch, natuurlik. Wilma Stockenström se “Te veel lig” kon ek net nie kry om in my geheue vas te steek nie. Dit begin met “Die oog van die son soek-soek tot ook / in hoekies van verdriet …” en dis al wat ek kan onthou. Ure en ure op die internet het my brein se kapasiteit om dinge in die geheue te stoor, begin verrinneweer. Ek het nie nog gedigte probeer memoriseer nie.) 

Ek is moeg en moedeloos, óp gedink, en ek sien nie regtig kans vir nog een laaste opdrag nie: Skryf ’n oorsig van die jaar se poësie wat eintlik eerder ’n essay is oor waarom jongmense poësie skryf...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.