Kom ons klink (en maak) ’n glasie kombucha

GIS-SONDHEID!

Kom ons klink (en maak) ’n glasie kombucha

Gefermenteerde tee was dalk in die verlede ’n hippiedrankie, maar deesdae is dit hoogmode om kombucha te drink. BIBI SLIPPERS vertel hoe om jou eie brousel te maak, en proe tien soorte namens jou.

EK kan nie onthou wanneer of waar ek die eerste maal kombucha gedrink het nie. Dit kan nie te lank gelede wees nie, want ek is skugter vir volksvreemde kos en drank, het laat in my lewe eers aan sushi geproe en steeds nie kimchi geëet nie. Nietemin het kombucha oor die afgelope paar jaar byna so algemeen in my kos-en-drank-repertoire geraak soos gesnyde winkelbrood, veggie-burgers en komkommerslaai.

Maar terwyl almal wat ek ken, weet presies wat ’n winkelbrood, veggie-burger en komkommerslaai is, frons baie van my vriende steeds as ek kombucha aanbied of bestel.

“Is dit daai tee waarin die lewendige goed dryf?” gril iemand onlangs in ’n koffiewinkel waar ek altyd kombucha saam met my ontbyt neem. Ek is heilig oortuig dat ek “ligter” voel na ’n ete met kombucha. (In alle eerlikheid is ek miskien net bietjie dronk*.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.