Sybrand Lodewickus ‘Louis’ van Schoor – die dodelike ...

UIT DIE ARGIEF

Sybrand Lodewickus ‘Louis’ van Schoor – die dodelike veiligheidswag

In die laaste week van Augustus 1991 het 'n opspraakwekkende hofsaak in die Oos-Londense hooggeregshof begin. Sybrand Lodewickus van Schoor het tereggestaan op 19 aanklagte van moord en 21 van poging tot moord nadat hy oor 'n tydperk van 30 maande 39 mense doodgeskiet het. CHRISTELLE TERREBLANCHE het destyds vir Vrye Weekblad gaan ondersoek instel.

  • 12 Januarie 2022
  • Mense & Kultuur
  • 7 min om te lees
  • Christelle Terreblanche

IN die agterstrate en townships van die florerende Oos-Kaapse hawestad tussen Ciskei en Transkei was Sybrand Lodewickus “Louis" van Schoor berug as “Jesus" of “Ndevu" (Xhosa vir “Die Baard"). Die stad se polisie, waar hy 12 jaar lank sonder enige bevordering in die honde-eenheid gewerk het, kon telling hou van sy doodskote.

Die speurtak was immers elke keer op die toneel nadat Van Schoor 'n “positiewe stil-alarm" as veiligheidswag van sy eie maatskappy, Flash Security, met raakskote beantwoord het. Die moord-en-roof-tak is sover bekend nooit ingeroep om die saak op te volg nie.

In die informele ondersoeke daarna in die landdroshof is sy beroepe op selfverdediging en Art 49 (2) van die Strafproseswet aanvaar. Die wet maak daarvoor voorsiening dat ’n individu 'n persoon wat probeer ontsnap nadat hy 'n oortreding begaan het, kan skiet en/of doodskiet...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X