Angie oeh: Kind van die Moot, going groot till the dood

KWAAD VIR IETS

Angie oeh: Kind van die Moot, going groot till the dood

Afrikaners is plesierig, dit kan jy maar glo, maar volgens die 23-jarige rapper Angie oeh is hulle ook ‘moer skepties en ’n bietjie bang vir change’, skryf ANELIA HEESE.

“KAN ons dit 18:30 maak? Dit is load shedding hier by ons en ek wil graag in die lig en met ’n koffie chat.” Halfsewe kom en Angie oeh, die rap-sensasie wat die afgelope jaar die Suid-Afrikaanse musiekwêreld op hol het, verskyn op my rekenaarskerm in Berlyn.

Haar dag begin nou, vertel sy, waar dit basies die volgende behels: “Rook boom, maak beats, doen my social media.”

Daar is iets kosteliks en kleinwêrelds daaraan wanneer sy vra wat die tydsverskil tussen Pretoria en Berlyn is, want haar “tjerrie bly in China en hulle is mos ses ure voor ons”. Terwyl ek ’n vinnige lesing oor tydsones aanbied, verskyn ’n kinderlike broosheid oor die getatoeëerde gesig van die 23-jarige Angelique Eurika Greeff. Die onverskrokke gangster-persona kan sing oor rowwe partytjies en meisies wat “suig like sy iets gaan erf”, maar ’n skaamheid syfer deur wanneer sy van haar eerste optrede voor ’n gehoor vertel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.