Dis Ken versus Barbie in Tory-land

TRUSS, SUNAK (EN DORRIES)

Dis Ken versus Barbie in Tory-land

Die stryd om Boris Johnson as Britse premier op te volg is eintlik 'n geveg oor wie die suikervrye Margaret Thatcher 2.0 kan wees, skryf ADRI KOTZÉ.

DAT ’n gekibbel oor duur skoene en goedkoop oorringe nie eens die ergste ydeltuitery is in die leierstryd om Boris Johnson as Britse premier op te volg nie, is ’n aanduiding van die fantasie-vlak van die twee kandidate se beloftes.

Soos die Ken en Barbie van vetvrye Thatcherisme tower Rishi Sunak en Liz Truss ’n pienk spookasemwêreld op vir lede van die Konserwatiewe Party, wat binne die volgende weke moet besluit wie gaan op 5 September premier word. Anders as Margaret Thatcher, op wie veral Truss haarself skoei, het nie een van die twee egter werklik ’n samehangende plan om ’n land te regeer nie. Nie een van hulle het hulle politieke tande in opposisie geslyp nie en die spoedige ondergang van Johnson het nie een van hulle kans gegee om beter voor te berei as wat hulle persoonlike ambisies strek nie.

Buitendien was albei immers in Johnson se kabinet, wat nou ’n aardige geskarrel afgee om hulle tegelykertyd van hom te distansieer én sy steeds aansienlike ondersteuningsbasis te beïndruk...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.