Wil jy regtig aan die einde van jou lewe sê: ‘As ek maar net die ...

KWESBAAR EN KWETSBAAR

Wil jy regtig aan die einde van jou lewe sê: ‘As ek maar net die moed gehad het’?

In 2010 staan ’n vrou in ’n bruin rok op ’n TED Talks-verhoog en praat oor ‘The Power of Vulnerability’. Dit versprei soos ’n veldbrand en is die vyfde mees gekykte TED Talk tot nog toe. Byna 59 miljoen mense het dit al gesien. Daardie vrou was Brené Brown, vandag een van die wêreld se voorste stemme oor menslike konneksie en die belangrikheid van emosionele kwesbaarheid. ANNELIESE BURGESS vertel meer.

BRENÉ BROWN is ’n navorsingsprofessor aan die Houston-universiteit se Graduate College of Social Work. Met 12 jaar se grensverskuiwende navorsing agter die blad (18 jaar as jy die ses jaar bytel wat dit haar geneem het om haar doktorsgraad te doen) is sy een van die wêreld se voorste stemme oor kwesbaarheid, skaamte en menslike konneksie.

In ’n onlangse boek, Daring Greatly, waarvan reeds meer as twee miljoen kopieë verkoop is, sê Brown dat kwesbaarheid (wat sy definieer as “onsekerheid, risiko, vrees en emosionele blootstelling”) nie ’n teken van swakheid is nie, maar eerder van moed (courage).

(As dit nog 'n bietjie te pop psychology klink, byt vas.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.