’n Nuwe Jozi wat sal ‘meeding met Parys en New York’: Huh? Ek...

EEN GROOT NIKS

’n Nuwe Jozi wat sal ‘meeding met Parys en New York’: Huh? Ek wil rook wat hulle rook.

Johannesburg is vuil, vaal, vervalle en verwaarloos. Nou soek die stad beleggings wat veronderstel is om dit op gelyke voet met Parys en New York te plaas. Hoe de donner wil hulle dít doen? wou ANNELIESE BURGESS weet by die stad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling, ActionSA se Nkululeko Mbundu.

AS jy die siekte wil sien waaraan Johannesburg ly, hoef jy net deur die strate te ry. Smeulende vullis op elke stuk oop grond. Ongesnyde gras. Straatligte wat nie werk nie. Buurte wat vir dae nie water en elektrisiteit het nie. Vuil parke. Woonstelblokke wat soos oorlogsones lyk.

Vullis kan nog opgetel word – ás daar 'n politieke wil is (en die diensverskaffers betaal word). Maar as jy werklik wil verstaan hoe diep die kanker van verval in die vlees van Johannesburg ingewurm het, moet jy 'n draai maak by die Johannesburg Art Gallery (JAG) in Joubertpark.

Die JAG het meer as 9,000 kunswerke in sy versameling. Onder andere van Auguste Rodin, Dante Gabriel Rossetti, Pablo Picasso, Camille Pissarro, Claude Monet, Salvador Dali, Edgar Degas, Herbert Ward, asook 43 oorspronklike etse deur Rembrandt van Rijn, Andy Warhol, Albrecht Dürer, Honoré Daumier, Francisco Goya, Henri de Toulouse-Lautrec en Henry Moore, en beroemde Suid-Afrikaners soos Gerard Sekoto, Walter Battiss, Alexis Preller, Maud Sumner, Sydney Kumalo, Ezrom Legae, William Kentridge en Pierneef. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.