Zef én avant garde: Ontmoet Anna Verloren van Themaat

UNIEKE TALENT

Zef én avant garde: Ontmoet Anna Verloren van Themaat

Sy lewer kommentaar op kultuur en subkultuur, vroulikheid, spiritualiteit – wat ook al in die wêreld om ons. Volgens LAUREEN ROSSOUW is Anna Verloren van Themaat die beste stilis en ‘art director’ in die land met radar en antennas op plekke waarvan ander nie weet nie.

TOE ek Anna die eerste keer ontmoet, het sy haar hare in ’n mullet gedra. Dit was 12 jaar gelede voor Die Antwoord beroemd was. In my kop was sy óf zef óf avant garde. Anna sê sy’s al twee. Onwaar volgens my, sy kan bloot zef dóén.

Sy’s ’n klein, eksentrieke Afrikanermeisie met outydse hoflikheid wat in Pretoria-Noord grootgeword het met haar eie stel waardes en beginsels. Sy is konseptueel briljant en leef om haar deur foto’s en beelde uit te druk.

Anna en haar man, Reep, woon in Vredehoek, waar sy soggens vyfuur opstaan (op shoot-dae vroeër) en haar strekoefeninge doen. Sy drink nie, gaan stap met haar kat in ’n harnas en gaan slaap saans vroeg...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.