Rekenskap, Nick Cave, geografie en skrywers se gades

INTERNASIONALE SKRYWERS

Rekenskap, Nick Cave, geografie en skrywers se gades

Ons letterkundige fynproewer KERNEELS BREYTENBACH maak ons lus vir vier noemenswaardige boeke – van die skrywer van The Vagina Monologues tot ’n rockster, ’n aktuele titel oor internasionale konflik en een oor literêre huwelike.

EVE ENSLER is ’n dramaturg en skrywer wat al geweldig baie gedoen het vir die normalisering van die gesprek oor seksualiteit, veral in die mate waarin voorheen versluierde dinge en onderwerpe benader is. Haar toneelstuk The Vagina Monologues is in 1998 aangepas en in boekvorm gepubliseer, en sy het dit nou opgevolg met Reckoning, onder die skuilnaam V.

Reckoning sal waarskynlik nie soveel opslae maak as wat The Vagina Monologues destyds gemaak het (en steeds maak) nie. Die hele Me Too-era het gesorg dat die seksuele strydperk verander het. The Vagina Monologues was daarop ingestel om, deur gesprekke met vroue oor hul genitalieë, die vrou te bevry van die keurslyf van Victoriaanse benepenheid wat die vorige eeu so oorheers het.

Die afgelope week het ek ook uiteindelik ’n boek in die hande gekry waarop ek al ’n ruk wag: Faith, Hope and Carnage...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.