Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
OP PERDE EN IN DAHLE
Ons smulpaap kies die sappigste oes
Hierdie tyd van die jaar kom die boektoneel rustig voor, maar dis die stilte voor die storm, sê KERNEELS BREYTENBACH.
Deel
BOEKHEBBERS ken die seisoene. Winters kom daar talle nuwe titels op die rak waarin die voordele van oefening en buiteluglewe besing word; somers is die seisoen van knus aansit by familie-etes en bonhomie. In Suid-Afrika sluit ons aan by die uitgeepatrone van die Noordelike Halfrond, vir ewig gedoem om agter die noorderlinge se modes aan te sukkel.
Dank die Vader dis nie meer die 1880’s nie – toe die boekewêreld in Engels, Nederlands, Frans en Duits oorstroom is met boeke waarin die gevare van onanisme uitgelig is, in sowel fiksie as niefiksie. Kan mens sulke wysheid glo? Veral as hulle te kenne gee slegs mans onaneer?
Januarie en Februarie is die maande waarin die noordelike uitgewers besig is om hul begrotings vir die volgende boekjaar saam te stel. Alle aandag is op toekomsdrome, en die bemarkers en heroute is baie stil. Daarom dink ons niks is nou aan die gang nie – terwyl mens net jou drempelvrees vir boekwinkels moet vergeet om te sien dat dit krioel van nuwe dinge...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die Spare-vloermoer en ander nuwe boeke
Januariespoke en dieetboeke
Kerneels se Krismisgeskenke
Lees om van ons land se gemors te vergeet
Kerneels lees goedvoelboeke
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.