Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
KERNEELS LEES WYD
Die Spare-vloermoer en ander publikasies wat lesers aan die praat het
KERNEELS BREYTENBACH sal ’n boek en ’n glasie shiraz geniet terwyl sy vrou Marie Kondo lees.
Deel
Die boekewêreld word op die oomblik oorheers deur nuus rondom prins Harry se outobiografiese Spare. Dit is reeds in 15 tale beskikbaar, en ’n Japannese weergawe is op pad. Digby 2 miljoen eksemplare is altesame daarvan verkoop.
’n Soort negatiewe backlash het reeds sigbaar geword in mediaberigte, maar dit is asof selfbejammering in die hoogste kringe mense noop om te koop, te lees, en te wil saamgesels. Ka-ching!
Net vir interessantheid: Die Duitse uitgawe heet Reserve (nes die Nederlandse en Hongaarse uitgawes). Die Pole noem dit Die ander ene, in Frans is dit Die substituut, in Portugees en Spaans In die skadu, in Sweeds Die tweede, en in Brasiliaanse Portugees is dit Wat oorbly. As daar ooit ’n Afrikaanse uitgawe is, sal dit seker Die aangenaaide lappie wees...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Januariespoke en dieetboeke
Kerneels se Krismisgeskenke
’n Stortvloed van nuwe publikasies
Boeke vir die Kerskous
Geen einde aan huishoudelike geweld nie
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.