Hoekom boei hofdramas ons so?

OBJECTION, YOUR HONOUR!

Hoekom boei hofdramas ons so?

DEBORAH STEINMAIR het Scott Turow se jongste regsriller verslind en wonder waarom hofprosedure ons so aangryp.

JY kan ’n speld hoor val in die hofsaal. Die regter roep die voorsitter van die jurie in. Hy staar vir ’n paar oomblikke na die vel papier in sy hand en maak keel skoon ...

Ek het in my prille jeug Scott Turow gelees: die hofdramas Presumed Innocent, The Burden of Proof, Pleading Guilty, Personal Injuries. Almal topverkopers wat hom vele letterkundige pryse laat inoes het, onder meer die Silver Dagger-prys van die British Crime Writers’ Association. Die tydskrif Time het hom beskryf as die “Bard of the Litigious Age”. Dié woord het ek die eerste keer raakgelees in Saul Bellow se Humboldt’s Gift: litigious. Iemand wat graag dagvaar. Wat sou die Afrikaanse woord wees? Kan jy glo, ek vind twee Afrikaanse vertalings in my stokou woordeboek: “pleitsiek” en “prosedeersiek”.

Almal weet Amerikaners is prosedeersiek. As jou wegneemkoffie jou tong of lies verbrand, dagvaar jy die franchise, want die koffie is te warm. Dokters moet hemelhoë versekering uitneem, want hulle word links en regs gedagvaar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.