Donker, dodelik, disfunksioneel en droë humor: boeke vir die ...

(ONT)SPANNINGSLEESSTOF

Donker, dodelik, disfunksioneel en droë humor: boeke vir die strandhanddoek

DEBORAH STEINMAIR het in die afgelope feestyd minder as gewoonlik gelees, maar 'n handvol spannende boeke het haar aandag afgetrek van die mengeldrankies en sonroom.

IN die afgelope salige twee weke het ek min gelees, maar asof deur osmose het ek ’n hand vol krimi’s ingeneem. Spannende vakansievermaak tussen die mengeldrankies en sonbrandroom. Boeke wat as ’t ware hulleself omblaai. Hier is vier naelbyters wat my aandag behou het:

Donker, onheilspellend en snaaks

No Less the Devil deur Stuart MacBride het ek al voor die vakansie gelees en dit voel soos eeue gelede. Dit speel af in Oldcastle, ’n klein dorpie in Skotland. Die hoofkarakter is speurder Lucy McVeigh. Sy is kompleks, met heelwat bagasie en demone. En ’n skerp tong. Haar sidekick is ’n dwerg, The Dunc. Hy het ’n filosofiese inslag en ’n wantroue in die bestel. Lucy hou hom op sy plek en laat hom sy kort bene ooreis om by te hou...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.